Judges 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waar hulle ook al uitgetrek het, die hand van die HERE was teen hulle ten onheil, soos die HERE gespreek het en soos die HERE hulle met 'n eed beloof het; en hulle was baie benoud.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke keer wanneer hulle uitgegaan het om te gaan veg, was die hand van die Here teen hulle. Dit is soos Hy hulle voorheen gewaarsku het en vir hulle belowe het. Die Israeliete was uiters moedeloos.
Afrikaans 1933/1953 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
Afrikaans 1983 In watter rigting die Israeliete ook al gaan veg het, die Here het hulle teëgestaan. Dit is wat Hy voorheen vir hulle met 'n eed bevestig het. Die Israeliete het baie swaar gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In al die veldtogte wat hulle onderneem het, was die hand van die Here teen hulle, ten kwade, net soos die Here gesê het, ja, net soos die Here vir hulle gesweer het. Maar wanneer die nood vir hulle op sy hoogste was,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oral waar die Israeliete gegaan het, het die Here dit sleg laat gaan met hulle. Hy het hulle gewaarsku dat Hy dit sal doen, en hulle het nou baie swaar gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het nie saak gemaak teen watter vyand hulle geveg het nie. Die Here het gesorg dat hulle verloor, soos Hy belowe het. Hulle was later heeltemal moedeloos en in groot nood.