Judges 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die HERE, die God van hulle vaders, wat hulle uit Egipteland uitgelei het, verlaat en ander gode gevolg, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle voor hulle neergebuig en die HERE tot toorn geterg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hulle rug gedraai op die Here, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipte gered het. Hulle het agter die vreemde gode van die volke rondom hulle aangegaan. Die Israeliete het voor hierdie gode begin kniel. Dit het die Here kwaad gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die Here, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipteland laat wegtrek het, verlaat, en agter ander gode aangeloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was. Hulle het voor hulle in aanbidding neergebuig en die Here uitgetart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het opgehou om die Here te dien, die God van hulle voorvaders, die Here wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het ander gode gedien, gode van die volke rondom hulle. Hulle het voor daardie gode gebuig en hulle het die Here kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het opgehou om die Here, die God van hulle voorvaders wat hulle uit Egipte gered het, te dien. Hulle het heeltyd agter ander gode aangeloop. Dit het die Here baie kwaad gemaak. |