Judges 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n engel van die HERE het van Gilgal na Bogim opgetrek en gesê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek aan julle vaders met 'n eed beloof het; en ek het gesê: Ek sal nooit my verbond met jou verbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here se engel het ’n boodskap van God vir Israel gebring. Hy het van Gilgal af na Bokim toe opgegaan en gesê: “Ek het julle uit Egipte gered. Ek het julle na die land gebring wat Ek aan julle voorouers beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal nooit my verbond met julle verbreek nie,
Afrikaans 1933/1953 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
Afrikaans 1983 Die Engel van die Here het van Gilgal af na Bokim toe gegaan. Hy het gesê: “Ek het julle uit Egipte laat trek en julle gebring in die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •Engel van die Here het van Gilgal af opgegaan na Bogim en gesê: “Toe Ek julle uit Egipte laat optrek het en julle gebring het na die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders beloof het, het Ek gesê, ‘Ek sal nooit my verbond met julle verbreek nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here het van die stad Gilgal na die plek Bokim gegaan en Hy het vir die Israeliete gesê: “Ek het julle uit Egipte gebring na die land wat Ek vir julle voorvaders belowe het, en Ek het gesê: Ek sal nooit my verbond met julle breek nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Engel van die Here is van Gilgal af na Bokim toe om ’n boodskap vir die Israeliete te gee. Hy het vir hulle gesê: “Ek het julle uit Egipte uit laat trek na hierdie land toe soos Ek julle voorouers beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal nooit my ooreenkoms met julle breek nie,