Judges 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die man opstaan om weg te gaan, sê hy en sy byvrou en sy dienskneg, sy skoonvader, die dogter se vader, vir hom: Kyk, nou raak die dag teen aand, bly tog die hele nag deur; die dag groei tot 'n einde, bly hier, dat jou hart vrolik kan wees; en maak jou môre vroeg op pad, dat jy huis toe kan gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die man en sy byvrou en sy helper daardie middag gereed was om te vertrek, het die meisie se pa vir hom gesê: “Die skaduwees het al lank geword. Slaap eers vannag hier en dan kan jy môre vroeg opstaan vir die reis huis toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe die man en sy byvrou en sy slaaf op die punt staan om te vertrek, sê sy skoonpa, die meisie se pa, vir hom: “Kyk, man, die son is aan die sak, dis amper aand. Oornag hier. Die dag is verby. Slaap hier en geniet dit. Julle kan môre vroeg alles regkry vir die reis en dan kan jy huis toe gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die man opstaan om te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: “Kyk, die dag is verby; die son sak. Bly tog maar oor. Kyk, die dag daal; bly hier oor en wees vrolik. Julle kan môre vroeg opstaan vir julle reis, en dan kan jy na jou woonplek gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy gereedgemaak om te gaan, hy en sy byvrou en sy slaaf. Sy skoonpa het vir hom gesê: “Kyk, dit is al laat, dit is amper aand. Slaap nog vannag hier in jou tent en geniet dit, dan kan julle môre vroeg gereedmaak om terug te gaan huis toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy en sy byvrou en sy dienaar later die middag gereedmaak om terug te gaan, sê sy skoonpa vir hom: “Kyk, dis al amper donker, jy kan maar net sowel nog ’n nag hier oorbly. Slaap hier oor en die geniet die aand saam met ons. Julle kan môre vroeg opstaan en teruggaan huis toe.” |