Judges 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die môre vroeg op die vyfde dag opgestaan om te vertrek; en die vader van die meisie het gesê: Troos tog jou hart. En hulle het gebly tot die middag toe, en hulle het albei geëet.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die vyfde dag het hy vroeg opgestaan en klaargemaak om te gaan. Die meisie se pa sê toe: “Eet eers ’n bietjie, dan kan jy vanmiddag gaan.” Die twee het toe weer saam geëet.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.
Afrikaans 1983 Die vyfde dag het hy vroegmôre klaargemaak om te vertrek, maar toe sê die meisie se pa: “Eet eers 'n stukkie vir die pad en wag tot agtermiddag.” Hulle het toe geëet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die vyfde dag het hy vroeg opgestaan om te vertrek, maar die jong vrou se vader het vir hom gesê: “Versterk jou innerlike!” Hulle het toe getalm tot die namiddag, terwyl die twee manne saam eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy die vyfde dag vroeg die oggend gereedmaak om te gaan, sê sy byvrou se pa vir hom: “Jy moet eers eet.” Hulle het toe tot laat die dag daar gebly, en hy en sy skoonpa het saam geëet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg die môre op die vyfde dag het hy gereedgemaak om te vertrek. Die skoonpa sê toe weer: “Eet eers iets voor jy gaan; jy kan mos vanmiddag ook nog betyds wegkom.” Hulle het toe weer saam geëet.