Judges 19:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gaan sit en altwee saam geëet en gedrink, want die vader van die meisie het aan die man gesê: Wees tog tevrede en vertoef die hele nag, en laat jou hart vrolik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die twee het gaan sit en saam geëet en gedrink. Die meisie se pa sê toe vir die man: “Bly asseblief nog ’n nag oor en geniet dit hier.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.
Afrikaans 1983 Hulle twee het toe gaan sit en saam geëet en gedrink. Die meisie se pa sê toe vir die man: “Moenie teëpraat nie. Bly nog dié nag oor en geniet dit hier.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle twee het saam gaan sit en geëet en gedrink. Toe sê die jong vrou se vader vir die man: “Besluit nou maar en bly oor. Wees vrolik!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviet het daar gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarna het sy byvrou se pa vir hom gesê: “Asseblief, jy moenie gaan nie, slaap nog vannag hier en geniet dit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy en sy skoonpa het toe gaan sit en saam geëet en gedrink. Die skoonpa sê toe vir hom: “Bly nog ’n nag hier en kuier lekker.”