Judges 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die vierde dag, toe hulle die môre vroeg opstaan, het hy opgestaan om te vertrek, en die vader van die meisie het aan sy skoonseun gesê: Troos jou hart met 'n stukkie brood en gaan daarna.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die vierde dag het hy vroeg opgestaan en reggemaak om te vertrek. Die meisie se pa het vir sy skoonseun gesê: “Eet eers ’n bietjie en daarna kan jy vertrek.”
Afrikaans 1933/1953 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.
Afrikaans 1983 Die vierde dag het hy vroeg klaargemaak om te vertrek, maar die meisie se pa het vir sy skoonseun gesê: “Eet eers 'n stukkie vir die pad en dan kan jy vertrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die vierde dag het hulle vroeg die oggend opgestaan en hy het gereedgemaak om te vertrek, maar die jong vrou se vader het vir sy skoonseun gesê: “Versterk jou innerlike met 'n stukkie brood; daarna kan jy gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die vierde dag het hy vroeg die oggend gereedgemaak om te gaan, maar die byvrou se pa het vir sy skoonseun gesê: “Jy moet eers eet en dan kan jy gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die vierde dag was die man reeds vroeg op en reg om terug te gaan huis toe. Maar sy skoonpa het vir hom gesê: “Eet eers iets, dit sal jou goed doen. Jy kan mos maar ’n bietjie later vertrek.”