Judges 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy skoonvader, die vader van die meisie, het hom aangehou; en hy het drie dae by hom gebly; en hulle het geëet en gedrink en daar oornag.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy skoonpa het hom oorreed om daar oor te bly. Hy het drie dae daar oornag, geëet en gedrink.
Afrikaans 1933/1953 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.
Afrikaans 1983 Sy skoonpa, die meisie se pa, het by hom daarop aangedring, en hy het drie dae daar oorgebly. Hulle het geëet en gedrink, en hy het daar oornag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom oorreed, en hy het drie dae by hom gebly. Hulle het geëet en gedrink en daar oornag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy skoonpa, die pa van die byvrou, wou hom nie laat weggaan nie, en die Leviet het drie dae daar gebly en geëet en gedrink en by die huis geslaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy skoonpa het by hom aangedring om ’n ruk by hulle te bly. Hy het ingestem en drie dae daar gebly. Hulle het saam gekuier en geëet en die nag daar oorgeslaap.