Judges 19:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was so dat almal wat dit gesien het gesê het: So iets is nie gedoen of gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; let daarop, neem raad en spreek jou gedagtes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur sedert Israel uit Egipte weg is tot nou toe nie. Ons moet ernstig hieroor nadink. Kom laat ons koppe bymekaarsit om iets hieraan te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek! |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur vandat die Israeliete uit Egipte weggetrek het nie. Van toe af tot nou toe is so iets nog nie gesien nie. Ons moet dit ter harte neem. Ons moet 'n plan maak. Ons moet praat!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur nie en is nog nooit gesien nie, van die dag toe die Israeliete uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe. Dink daaroor – maak 'n plan en praat!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen wat 'n stuk van haar liggaam gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur nie, van die tyd toe die Israeliete uit Egipte gekom het tot vandag toe. Niemand het so iets gesien nie. Ons moet iets doen, ons moet 'n plan maak, ons moet praat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het ons nog nooit beleef nie. Nog nie sedert Israel uit Egipte weggetrek het, het iemand al ooit so ’n ding gedoen nie. Ons sal ’n plan moet maak, iets moet hieraan gedoen word!” |