Judges 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En haar man het opgestaan en agter haar aan gegaan om vriendelik met haar te praat en haar terug te bring, met sy dienskneg by hom en 'n paar esels; en sy het hom in haar vader se huis gebring, en toe die vader van die dogtertjie hom gesien het, was hy bly om hom te ontmoet.
Afrikaans (NLV) 2011 Haar man het toe ’n helper en ’n paar donkies gevat en agter haar aangegaan om haar te gaan ompraat om terug te kom. Sy het hom in haar pa se huis ingenooi. Haar pa was bly om hom te sien.
Afrikaans 1933/1953 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met 'n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.
Afrikaans 1983 en toe gaan haar man agter haar aan. Hy wou met haar gaan mooipraat om haar te laat terugkom na hom toe. Hy het 'n slaaf en 'n span donkies by hom gehad. Hy het na haar pa se huis toe gegaan, en toe die meisie se pa hom sien, was die pa bly en hy het die Leviet tegemoet geloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) toe maak haar man gereed en gaan agter haar aan om met haar te gaan mooipraat, om haar te laat terugkeer. Saam met hom was sy dienaar en ook twee donkies. Sy het hom in haar vader se huis ingeneem, en toe die jong vrou se vader hom sien, het hy hom met blydskap ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het haar man gereedgemaak en na haar toe gegaan. Hy wou vir haar sê hy is nog lief vir haar en hy wou vra dat sy moet terugkom. Hy het twee donkies saamgeneem, en sy slaaf was by hom. Sy byvrou het hom na haar pa se huis gebring, en toe haar pa die Leviet sien, was hy baie bly en hy het vir hom gesê hy is welkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hy besluit om te gaan kyk of hy haar kon oorreed om terug te kom. Hy het sy dienaar en twee donkies saamgevat. By die huis aangekom, het die pa hom die huis ingenooi en hom vriendelik verwelkom.