Judges 19:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy in sy huis ingekom het, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar met haar bene in twaalf stukke verdeel en haar na die hele gebied van Israel gestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terug by die huis het hy ’n mes gevat en sy byvrou se liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het een stuk na elke stam in Israel gestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hy in sy huis kom, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy by die huis kom, vat hy 'n mes en die lyk van sy byvrou en sny haar op in twaalf stukke, lid vir lid, en stuur dit deur die hele gebied van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy by sy huis aankom, vat hy 'n mes, pak sy byvrou beet en sny haar op, ledemaat vir ledemaat, in twaalf stukke, en stuur haar deur die hele gebied van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy by die huis kom, het hy 'n mes gevat en hy het sy byvrou se liggaam in twaalf stukke gesny. Hy het die stukke deur die hele land Israel gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die huis aangekom, het hy ’n mes gevat en haar liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het vir elke stam van Israel ’n stuk gestuur. |