Judges 19:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir haar: Staan op en laat ons gaan. Maar niemand het geantwoord nie. Toe het die man haar op 'n esel geneem, en die man het opgestaan en hom na sy plek gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan aangaan.” Sy het hom nie geantwoord nie. Hy het haar op ’n donkie getel en is met haar verder na sy huis toe.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan vertrek,” maar sy het nie geroer nie. Hy tel haar toe op 'n donkie en maak klaar en vertrek na sy plek toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir haar: “Staan op; ons moet gaan!” Maar daar was geen reaksie nie. Hy laai haar toe op die donkie. Die man het toe gereedgemaak en na sy woonplek vertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir haar gesê: “Staan op, ons moet gaan.” Maar sy het nie geantwoord nie. Die man het haar op 'n donkie vasgemaak en gereedgemaak en teruggegaan huis toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan gaan,” maar sy het hom nie geantwoord nie, sy was reeds dood. Hy het haar liggaam opgetel en op die donkie gesit, en huis toe gegaan.