Judges 19:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En haar heer het die môre klaargemaak en die deure van die huis oopgemaak en uitgegaan om te gaan; en kyk, die vrou, sy byvrou, het by die deur van die huis neergeval, en haar hande was op die drumpel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe haar man die oggend opstaan om verder te reis en die huis se deur oopmaak, lê sy byvrou daar in die deur met haar hande op die drumpel.
Afrikaans 1933/1953 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit -- kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.
Afrikaans 1983 Toe haar man die môre opstaan en die huis se deur oopmaak om verder te reis, lê die vrou, sy byvrou, in die deur met haar hande op die drumpel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe haar heer die oggend opstaan, die deure van die huis oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit, kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, by die ingang van die huis met haar hande op die drumpel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe haar man gereedmaak om verder te gaan, het hy die deur oopgemaak, en die vrou het daar voor die huis gelê, haar hande was onder teen die deur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die man later by die deur wou uitgaan om verder te reis kry hy sy byvrou waar sy voor die deur lê met haar hande na die deur toe uitgestrek.