Judges 19:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die vrou teen die aanbreek van die dag en val neer by die deur van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vrou het met dagbreek teruggekom by die huis waarin haar man was. Sy het by die deur bly lê tot dit helder lig was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was. |
| Afrikaans 1983 | Teen die môre se kant het sy by die huis gekom en voor die deur van die huis waarin haar man was, neergeval en bly lê tot sonop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrou het teen die oggend gekom en by die ingang van die man se huis waar haar man was, inmekaargesak en bly lê totdat dit heeltemal lig was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou het die oggend tot by die huis gekom waar haar man was en sy het daar gaan lê tot dit lig word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was nog skemer toe die vrou by die huis aangekom het waarin haar man was. Sy het voor die deur inmekaargesak en daar bly lê tot sonop. |