Judges 19:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die manne wou nie na hom luister nie, en die man het sy byvrou geneem en haar na hulle uitgebring; en hulle het haar geken en haar die hele nag beledig tot die môre toe; en toe die dag begin aanbreek het, het hulle haar laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mans wou nie na hom luister nie. Die Leviet gryp toe sy byvrou en stoot haar uit op straat. Hulle het haar dwarsdeur die nag verkrag tot die volgende oggend toe. Eers toe dit begin lig word, het hulle haar gelos. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom. |
| Afrikaans 1983 | Maar die mans wou nie na hom luister nie. Toe gryp die Leviet sy byvrou en stoot haar buitentoe na hulle toe. Hulle het met haar geslagsgemeenskap gehad en haar die hele nag deur tot die môre toe verrinneweer. Toe die rooidag breek, het hulle haar gelos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne wou egter nie na hom luister nie. Toe gryp die man sy byvrou en stoot haar na buite uit, na hulle toe. Hulle het haar verkrag en haar die hele nag lank, tot die oggend toe, mishandel. Toe die dag breek, het hulle haar gelos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mans wou nie na die ou man luister nie. Toe vat die Leviet sy byvrou en hy stamp haar uit op die straat. Die mans het seks gehad met haar en hulle het haar die hele nag lank seergemaak, tot die volgende oggend. Hulle het haar laat gaan toe dit begin lig word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans wou egter nie na hom luister nie. Toe stoot die Leviet sy byvrou by die deur uit. Die boewe het haar gegryp en haar oor en oor verkrag en misbruik tot die volgende môre. Teen dagbreek het hulle haar laat gaan. |