Judges 19:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hier is my dogter, 'n meisie, en sy byvrou; Ek sal hulle nou na vore bring en julle verootmoedig en met hulle doen wat in julle oë goed is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My dogter is nog ’n maagd. Ek sal haar en die man se byvrou vir julle bring. Maak met hulle wat julle wil, maar moenie so iets viesliks met hierdie man doen nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hier is my dogter wat 'n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so 'n skanddaad nie begaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Hier is my dogter, sy is nog 'n maagd, en die man se byvrou. Ek sal hulle uitbring, verkrag hulle. Doen met hulle wat julle wil, maar moenie hierdie lae ding aan die man doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier is my dogter, 'n maagd, en sy byvrou; laat ek hulle eerder uitbring. Verkrag hulle en doen met hulle soos julle goeddink. Maar aan hierdie man mag julle nie hierdie gruweldaad pleeg nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is my dogter. Sy is nog 'n jongmeisie. Ek sal haar en die byvrou van die man uitbring. Julle mag hulle verkrag en met hulle doen wat julle wil. Maar moenie hierdie lelike ding doen aan hierdie man nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk, hier is my dogter, sy is nog ’n maagd, vat haar en doen met haar net wat julle wil. Maar moenie so ’n skandelike ding aan hierdie man wil doen nie. ” |