Judges 19:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man, die eienaar van die huis, het na hulle uitgegaan en vir hulle gesê: Nee, my broers, nee, moet tog nie so goddeloos doen nie; sien dat hierdie man in my huis ingekom het, moenie hierdie dwaasheid doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ou man wie se huis dit was, het uitgegaan en met hulle gaan praat: “Nee tog, vriende. Moenie so iets leliks doen nie. Hierdie man is my gas wat by my tuis is. Moenie so iets skandeliks aanvang nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Die man aan wie die huis behoort, is na hulle toe uit en hy sê vir hulle: “Nee, vriende, moenie hierdie man kwaad aandoen nadat hy in my huis ingekom het nie. Julle moet hom nie so 'n lae ding aandoen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man, die eienaar van die huis, gaan toe na hulle uit en sê vir hulle: “Nee, my broers, moet tog nie iets slegs doen nie! Noudat hierdie man in my huis ingekom het, moet julle tog nie hierdie gruweldaad pleeg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man aan wie die huis behoort, het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “Nee, vriende, julle moet asseblief niks sleg doen aan hierdie man wat in my huis gekom het nie. Moenie so 'n lelike ding doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die ou man het uitgegaan om met hulle te probeer redeneer en vir hulle gesê: “Asseblief, my vriende, ek smeek julle, moet tog nie so ’n afgryslike ding wil doen nie. Hierdie man is tog ’n gas in my huis, dit sou ’n skande wees. |