Judges 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom in sy huis gebring en aan die esels voedsel gegee, en hulle het hul voete gewas en geëet en gedrink.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ou man het hulle saamgeneem na sy huis toe. Hulle het vir die donkies voer gegee. Hulle het ook eers hulle voete gewas, en toe saam geëet en gedrink.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
Afrikaans 1983 Die ou man het hom toe in sy huis gevat en vir die donkies voer gegee. Die mense het hulle voete gewas, en toe het hulle geëet en gedrink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem hulle toe in sy huis in en gee vir die donkies voer. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ou man het hom na sy huis gebring en hy het vir die donkies kos gegee. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hulle saam met hom huis toe gevat en na hulle donkies omgesien. Daarna het hulle hulle voete gewas en aangesit vir aandete.