Judges 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die ou man sê: Vrede vir jou! laat al jou begeertes ook al op my lê; bly net nie in die straat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dis goed so,” sê die ou man vir hulle. “Sê maar as jy iets nodig het. Moet tog net nie vannag hier op die plein slaap nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.
Afrikaans 1983 Toe sê die ou man vir hom: “Dis alles reg, maar wat jy sal gebruik, sal ek voorsien. Jy mag egter nie op die plein oornag nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ou man sê toe: “Vrede vir jou! Enigiets wat jy kortkom, is my verantwoordelikheid. Hier op die plein moet jy net nie oornag nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die ou man: “Julle is welkom by my huis. Ek sal vir julle alles gee wat julle nodig het. Maar julle moenie vannag hier op die oop stuk grond bly nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die ou man vir hom: “Julle is welkom in my huis, ek sal na al julle behoeftes omsien. Julle kan nie hier op die plein oornag nie. Dit is te gevaarlik.”