Judges 19:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Ons trek van Betlehem-Juda af na die kant van die berg Efraim; Ek is daarvandaan, en ek het na Betlehem-Juda gegaan, maar nou gaan ek na die huis van die HERE; en daar is niemand wat my in die huis ontvang nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviet antwoord die ou man: “Ons is op pad van Betlehem in Juda na ’n afgeleë deel in die heuwels van Efraim. Ek kom van daar af, maar ek het na die huis van die Here in Betlehem in Juda gegaan. Maar hier is niemand wat ons na hulle huis genooi het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie, |
| Afrikaans 1983 | Toe sê hy vir die ou man: “Ons is op pad van Betlehem in Juda af na die uithoeke van die Efraimsberge toe. Ek is van daar af, maar ek het na Betlehem in Juda gegaan, na die huis van die Here toe. Ek is op pad, maar niemand het my na sy huis toe genooi nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir hom: “Ons is van Betlehem in Juda af op pad na die afgeleë dele van die heuwelland van Efraim. Dit is waar ek vandaan kom. Ek het na Betlehem in Juda gegaan; nou is ek op pad na die huis van die Here. Maar daar is niemand wat my in sy huis wil ontvang nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviet het gesê: “Ons kom van Betlehem in die land Juda en ons gaan na 'n plek ver in die Efraim-berge. Dit is van waar ek kom. Ek het na Betlehem gegaan en ek gaan nou terug huis toe. Maar niemand het my genooi om by sy huis te slaap nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons is op pad terug van Betlehem in Juda af na ’n afgeleë deel in die Efraimsberge,” het die Leviet geantwoord. “Ek is oorspronklik van daar af, maar ek het in Betlehem in Juda gaan kuier. Ons sit hier omdat niemand ons vir die nag ingenooi het nie. |