Judges 19:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy sy oë opslaan, sien hy 'n reisiger op die straat van die stad; en die ou man sê: Waar gaan jy heen? en waar kom jy vandaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die ou man die reisigers op die stadsplein sien sit, vra hy hulle: “Van waar af kom julle en waarheen is julle op pad?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan? |
| Afrikaans 1983 | Die ou man het die reisiger op die stadsplein raakgesien en vir hom gesê: “Waarheen is jy op pad? Waarvandaan kom jy?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy opkyk en die man, die reisiger, op die stadsplein sien, vra die ou man: “Waar gaan jy heen en waar kom jy vandaan?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die ou man sien daar is iemand wat net vir die nag daar op die oop stuk grond is, het hy vir hom gevra: “Waarnatoe gaan jy en van waar kom jy?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die ou man die reisiger op die stadsplein sien sit, vra hy vir hom: “Waarvandaan kom jy? En waarheen is jy op pad?” |