Judges 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar het 'n ou man van sy werk teen die aand uit die veld gekom, wat ook van die gebergte van Efraim was; en hy het as vreemdeling in Gíbea vertoef, maar die manne van die plek was Benjaminiete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Ou man het daardie aand van sy werk in die veld af teruggekom. Hy was oorspronklik van die heuwelgebied van Efraim, maar het vir ’n tyd lank in Gibea, in die gebied van Benjamin, gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar kyk, in die aand kom daar 'n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in G¡bea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete. |
| Afrikaans 1983 | Daardie aand het daar 'n ou man van sy werk in die veld af in die stad ingekom. Hy was afkomstig uit die Efraimsberge en het as vreemdeling in Gibea gewoon. Die mense van Gibea was Benjaminiete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe was daar 'n ou man, wat teen die aand van sy werk, van die landerye af, gekom het. Dié man was van die heuwelland van Efraim en hy het net tydelike verblyf gehad in Gibea – die mense van die plek was mos Benjaminiete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe kom daar 'n ou man van sy werk buite die stad. Hy het van die Efraim-berge gekom, en hy was 'n vreemdeling in Gibea, maar die mense van daardie plek was Benjamin-mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later die aand, terwyl hulle nog daar gesit het, het ’n ou man van sy werk op die lande af teruggekom. Hy was afkomstig van die bergagtige gebied van Efraim, maar het nou in Gibea onder die mense van die stam van Benjamin kom bly. |