Judges 19:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het daarheen weggedraai om in te gaan en in Gíbea te vernag; en toe hy ingaan, het hy hom in die straat van die stad laat sit; want daar was niemand wat hulle in sy huis geneem het om te oornag nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het afgedraai om in Gibea te gaan slaap. Hulle het op die stadsplein gaan afpak omdat niemand hulle genooi het om in sy huis te oornag nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe draai hulle daar uit om in G¡bea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.
Afrikaans 1983 Hulle het daar ingedraai om in Gibea te gaan oornag. Hulle het by die stadsplein gekom en daar gaan sit. Niemand het hulle genooi om in sy huis te oornag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het hulle afgedraai om in Gibea te gaan oornag. Die man het ingegaan en op die stadsplein gaan sit, maar niemand het hulle in sy huis ontvang om te oornag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het na Gibea gegaan om daar te slaap. Hulle het op die oop stuk grond aan die binnekant van die poort gaan sit, maar niemand het hulle genooi om by sy huis te slaap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het afgedraai daarheen om daar te oornag. Hulle het op die stadsplein gaan sit om te rus met die hoop om slaapplek te kry vir die nag, maar niemand het hulle slaapplek aangebied nie.