Judges 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sy heer vir hom: Ons sal nie hierheen wegtrek na die stad van 'n vreemdeling wat nie van die kinders van Israel is nie; ons sal oortrek na Gibea.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee,” sê hy vir hom. “Ons kan nie afdraai na ’n vreemde stad waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons gaan aan tot by Gibea.
Afrikaans 1933/1953 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na 'n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by G¡bea.
Afrikaans 1983 Maar hy sê vir sy slaaf: “Ons kan nie by 'n vreemde stad indraai waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons druk deur tot by Gibea.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy heer antwoord hom: “Ons kan nie na 'n stad van vreemdes afdraai, wat nie aan die Israeliete behoort nie. Laat ons deurdruk na Gibea. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hy het vir sy slaaf gesê: “Ons kan nie na 'n vreemde stad gaan wat nie aan Israeliete behoort nie. Kom ons gaan verder tot by die stad Gibea.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [12-13] Maar die Leviet het geweier en gesê: “Ons kan nie in ’n vreemde stad bly waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons gaan nog ’n ent verder. Miskien kan ons plek kry in Gibea of Rama.”