Judges 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle by Jebus was, was die dag lank verby; en die dienaar sê vir sy heer: Kom tog, laat ons ingaan na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was al laat toe hulle teenoor Jebus kom. Sy helper sê toe vir hom: “Kom ons draai af na die stad toe en gaan slaap daar.”
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.
Afrikaans 1983 Toe hulle by Jebus kom, was die dag verby, en sy slaaf sê vir hom: “Kom ons draai hier in by hierdie stad van die Jebusiete en dan vernag ons in die stad.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hulle naby Jebus was, en die dag reeds verby, sê die dienaar vir sy heer: “Kom ons draai af na hierdie stad van die Jebusiete en oornag daar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle naby Jebus kom, was dit al aand, en sy slaaf het vir hom gesê: “Kom ons gaan na hierdie stad van die Jebusiete en ons slaap daar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar sê toe: “Dit word nou te donker om verder te reis. Kom ons bly die nag in Jebus oor.”