Judges 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die man wou daardie nag nie vertoef nie, maar hy het opgestaan en weggetrek en teen Jebus aangekom, dit is Jerusalem; en by hom was twee esels opgesaal; ook sy byvrou was by hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man was nie bereid om nog ’n nag daar te bly nie. Hy het reggemaak en vertrek. Met sy opgesaalde donkies en sy byvrou het hy vertrek in die rigting van Jebus, dit is Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus -- dit is Jerusalem -- met 'n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.
Afrikaans 1983 Maar die man wou nie die nag oorbly nie. Hy het klaargemaak en vertrek. Hy het regoor Jebus, dit is Jerusalem, gekom met sy span donkies en sy byvrou by hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die man wou nie die nag oorbly nie. Hy het gereedgemaak en vertrek, en met sy twee opgesaalde donkies en sy byvrou by hom, gevorder tot teenoor Jebus, dit is Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hy wou nie weer daar slaap nie. Hy het gereedgemaak en gegaan en tot naby die stad Jebus gekom. Dit is Jerusalem. Hy het sy twee donkies by hom gehad, en sy byvrou was by hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie keer was die Leviet vasberade om terug te gaan. Daarom het hulle klaargemaak en vertrek: hy, sy byvrou, sy dienaar en die donkies. Dit was al baie laat toe hulle in die omgewing van Jebus, dit is nou Jerusalem, aankom.