Judges 19:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in daardie dae, toe daar geen koning in Israel was nie, was daar 'n sekere Leviet wat as vreemdeling aan die kant van die gebergte van Efraim vertoef het, wat 'n byvrou uit Betlehem-Juda vir hom geneem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel het nog steeds nie ’n koning gehad nie. ’n Leviet het tydelik in ’n afgeleë deel in die heuwels van Efraim gebly. Hy het vir hom ’n byvrou uit Betlehem in Juda geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dae was daar geen koning in Israel nie. En 'n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom 'n vrou, 'n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda. |
| Afrikaans 1983 | Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Daar was 'n Leviet wat as vreemdeling gewoon het in die uithoeke van die Efraimsberge. Hy het vir hom 'n byvrou gevat uit Betlehem in Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd, toe daar geen koning in Israel was nie, het 'n Levitiese man, wat tydelike verblyf gehad het in die afgeleë dele van die heuwelland van Efraim, vir hom 'n byvrou uit Betlehem in Juda geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was in die tyd toe daar nog nie 'n koning in die land Israel was nie. 'n Leviet het ver in die Efraim-berge gewoon, hy was daar 'n vreemdeling. Hy het 'n byvrou geneem wat uit Betlehem in die land Juda gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie ’n koning in Israel nie. Daar was ’n Leviet wat in die afgeleë gebiede van die berge van Efraim gebly het. Hy het vir hom ’n byvrou uit Betlehem in Juda gaan haal. |