Judges 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle: Staan op, dat ons teen hulle kan optrek; want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en is julle nog? wees nie traag om te gaan en in te gaan om die land in besit te neem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe antwoord hulle: “Kom ons trek soontoe. Ons het die land gaan bekyk. Dit is baie mooi daar. Julle moenie nog sit en wag om die land te gaan inneem nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en julle sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die land in besit te neem nie.
Afrikaans 1983 Toe antwoord hulle: “Kom ons trek daarnatoe. Ons het die land gesien. Dit is baie mooi. Wat sit julle nog stil? Moenie talm om die land in besit te gaan neem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle antwoord: “Maak gereed, laat ons optrek teen hulle! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed. Weifel julle nog? Moenie aarsel om te gaan, om die land in besit te gaan neem nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyf mans het gesê: “Kom, ons moet gaan. Ons het 'n land gesien wat baie goed is. Maar julle moet gou maak. Julle moenie wag nie! Gaan dadelik en gaan vat daardie land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle antwoord was: “Waarvoor wag julle nog? Kom ons val hulle aan. Ons het die land gesien, dis wonderlik. Ons moet dit dadelik gaan inneem. Moenie nog tyd mors nie!