Judges 18:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga wat hy gemaak het, opgerig al die tyd wat die huis van God in Silo was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So lank as wat God se heiligdom in Silo was, het Dan hulle eie afgodsbeeld aanbid wat Miga gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die afgodsbeeld van Miga wat hy gemaak het, op sy plek neergesit, en dit het daar gebly so lank as die huis van God in Silo was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Miga se gesnede beeld wat hy gemaak het, vir hulle in stand gehou, so lank as wat die huis van God in Silo was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Dan-mense het die beeld wat Miga gemaak het, in hulle stad neergesit, en dit het altyd daar gebly toe die tempel van die Here in Silo was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miga se afgodsbeeld is daar aanbid vir die volle tydperk wat die tabernakel in Silo bly staan het. |