Judges 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Dan het die gesnede beeld opgerig, en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Manasse, hy en sy seuns was priesters vir die stam van Dan tot op die dag van die ballingskap van die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Dan het die afgodsbeeld vir hulle daar opgerig. Jonatan, die seun van Gersom, ’n afstammeling van Moses, en sy nageslag was die priesters vir die stam Dan. Dit het so gebly totdat Dan in ballingskap weggevoer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jonatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Dan het die afgodsbeeld daar opgestel, en Jonatan, seun van Gersom seun van Moses, en sy seuns was priesters vir die stam Dan totdat die bevolking in ballingskap weggevoer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nakomelinge van Dan het die godsbeeld toe vir hulle opgerig. Jonatan, seun van Gersom, seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van Dan tot die tyd toe die land se mense in ballingskap gegaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Dan-mense het die beeld daar neergesit. Die Leviet Jonatan en sy seuns was priesters vir die Dan-stam totdat vyande hulle almal weggevat het na 'n ander land. Hulle was van die nageslag van Gersom seun van Moses. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die afgodsbeeld daar laat staan, en Gersom se seun Jonatan die kleinseun van Moses, en sy seuns het as hulle priesters opgetree totdat die mense in ballingskap weggevoer is. |