Judges 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle by die huis van Miga was, het hulle die stem van die jongman, die Leviet, geken; en hulle het daarheen ingegaan en vir hom gesê: Wie het jou hierheen gebring? en wat maak jy op hierdie plek? en wat het jy hier?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het in Miga se huis die stem van die Leviet herken. Hulle het hom eenkant toe geroep en vir hom gevra: “Hoe het jy hier uitgekom? Wat maak jy hier? Wat hou jou hier?”
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?
Afrikaans 1983 Toe hulle by die huis van Miga kom, het hulle die stem van die jongman, die Leviet, herken en daar ingedraai. Hulle het vir hom gevra: “Wie het jou hierheen gebring? Wat doen jy hier? Hoekom is jy hier?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle naby Miga se huis was, het hulle die stem van die jong man, die Leviet, herken, en toe het hulle daarheen afgedraai. Hulle het hom gevra: “Wie het jou hierheen laat kom? Wat doen jy op hierdie plek? Watter belang het jy hier?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle by Miga se huis kom, het hulle die jongman, die Leviet, gehoor praat. Hulle het na hom toe gegaan en vir hom gevra: “Wie het jou hiernatoe gebring en wat doen jy hier? Hoekom is jy hier?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die jong Leviet se aksent herken en vir hom gevra: “ Wie het jou hierheen gebring? Wat doen jy hier? Wat hou jou hier?”