Judges 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was geen verlosser nie, want dit was ver van Sidon af, en hulle het met niemand sake gehad nie; en dit was in die dal wat by Betrehob lê. En hulle het 'n stad gebou en daarin gewoon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was niemand om hulle te red nie. Hulle was ver van Sidon af. Niemand het met hulle ’n aanvalsverdrag gehad om hulle te kom help nie. Dit was op die vlakte by Bet-Regob. Die mense van Dan het die stad weer herbou en daarin gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin, |
| Afrikaans 1983 | Niemand kon hulle red nie, want hulle was ver van Sidon af en nie binne bereik van ander mense nie. Die stad was geleë in die laagte by Bet-Regob. Die mense van Dan het die stad herbou en daarin gaan woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niemand kon hulle red nie, want die dorp was ver van Sidon af en hulle het niks met enigiemand te doen gehad nie. Die dorp was in die vallei wat by Bet-Regob is. Hulle het die dorp herbou en daarin gewoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand kon die mense van Lajis help nie, want hulle was ver van Sidon en niemand het iets van hulle geweet nie. Die stad was in die vallei naby Bet-Regob. Die Dan-mense het weer 'n stad gebou en hulle het daar gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand kon hulle red nie, aangesien hulle baie ver van Sidon af was en hulle in elk geval nie kontak met die ander volke in die omgewing gehad het nie. Lajis was in die vallei van Bet-Regob geleë. Hierna het die mense van Dan die stad herbou en self daarin gaan woon. |