Judges 18:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die goed geneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het, en by Lais gekom by 'n volk wat rustig en veilig was; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 So het die mense van Dan die beelde gevat wat Miga gemaak het, en ook sy priester. Hulle het by Lajis uitgekom, by mense wat rustig en houtgerus daar woon. Die Daniete het hulle egter almal doodgemaak en die stad met vuur afgebrand.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, 'n rustige en onbesorgde volk, oorval en die met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.
Afrikaans 1983 Die mense van Dan het die beelde gevat wat Miga gemaak het, en ook sy priester, en na Lajis toe gegaan, na die volk wat sonder agterdog en houtgerus woon, en hulle doodgemaak en hulle stad verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het dit wat Miga gemaak het en die priester wat hy gehad het, saamgeneem en Lajis, 'n onverstoorde en rustige volk, oorval. Hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en die dorp afgebrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Dan-mense het Miga se beelde en sy priester saamgevat en hulle het by die stad Lajis gekom. Die mense daar het gedink niemand sal hulle aanval nie, maar die Dan-mense het hulle doodgemaak en hulle het die stad verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Dan is toe met die beelde en die priester na die niksvermoedende mense van Lajis toe. Daar aangekom, het hulle die mense doodgemaak en die stad tot op die grond afgebrand.