Judges 18:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Dan het weggegaan, en toe Miga sien dat hulle te sterk was vir hom, het hy omgedraai en teruggegaan na sy huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Dan het toe verder getrek. Miga het gesien dat hulle vir hom te veel is om aan te val. Hy het toe maar omgedraai huis toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe trek die mense van Dan verder, en Miga het besef hulle is sterker as hy en hy het omgedraai huis toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nakomelinge van Dan het toe verder gegaan op hulle reis. Toe Miga sien dat hulle te sterk vir hom was, het hy omgedraai en teruggegaan na sy huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe gaan die Dan-mense verder. Miga was bang, want hulle was meer en sterker as hy en sy mense. Hy het omgedraai en in sy huis gaan bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Dan het omgedraai en verder getrek. Miga het besef dat hulle baie sterker was as die groep by hom; daarom het hy omgedraai en teruggegaan huis toe. |