Judges 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die kinders van Dan vir hom: Laat jou stem nie onder ons gehoor word nie, dat toornige manne nie op jou afloop en jy jou lewe verloor met die lewe van jou huisgesin nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Dan het hom geantwoord: “Moenie hier op ons kom staan en skreeu nie! Hier is mans met kort humeure. Netnou val hulle jou en jou mense aan en maak julle dood.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met 'n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Dan het hom geantwoord: “Moenie hier by ons kom staan en lawaai nie! Netnou val 'n klompie roekelose manne jou aan en dan maak hulle jou en jou mense dood.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die nakomelinge van Dan het hom geantwoord: “Moenie op ons kom skreeu nie, anders val opvlieënde manne jou dalk aan en verloor jy jou lewe en dié van jou huismense.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Dan-mense het vir Miga gesê: “Jy moenie hier by ons staan en skree nie. Party van ons is mense wat gou kwaad word. Hulle sal jou en jou mense doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Dan het vir hom gesê: “Moenie hier by ons kom staan en lawaai maak nie. Netnou is hier ’n klompie mense wat besluit om hulle humeur te verloor en dan verloor jy en jou mense dalk julle lewe!” |