Judges 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die kinders van Dan aangeroep. En hulle het hul aangesig omgedraai en vir Miga gesê: Wat is dit met jou dat jy met so 'n menigte kom?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle naby kom, het hulle na die Daniete geroep. Die mense van Dan het omgedraai en vir Miga gevra: “Wat is dit nou met jou dat jy mense teen ons bymekaargemaak het?”
Afrikaans 1933/1953 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai die hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?
Afrikaans 1983 en vir hulle geskreeu, maar die mense van Dan het omgekyk en vir Miga gesê: “Wat is dit met jou dat jy so te kere gaan?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en na hulle geroep. Die nakomelinge van Dan het omgekyk en vir Miga gesê: “Wat is dit met jou dat jy jou mense opgeroep het?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy by die Dan-mense kom, het hy vir hulle geskree. Die Dan-mense het omgekyk en gevra: “Wat is fout? Hoekom skree jy so?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle hulle inhaal, het hulle op die mense van Dan begin skree. Dié het omgedraai en vir Miga gevra: “Vir wat gaan jy so te kere?”