Judges 18:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hart van die priester was bly, en hy het die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld geneem en tussen die volk in gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester was heeltemal inskiklik om saam met hulle te gaan. Hy het die skouerkleed, die afgodsbeeldjies en die godsbeeld saamgevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in. |
| Afrikaans 1983 | Die priester was toe tevrede, en hy het die efodbeeld, die afgodsbeeldjies en die godsbeeld gevat en saam met die mense van Dan gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het die priester se hart bly gemaak. Hy het die efod, die huisgode en die gesnede beeld geneem en by die manskappe aangesluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester het gedink dit is goed en hy het die skouer-kleed en die beeldjies en die beeld gevat en saam met die mense gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die idee het die jong priester aangestaan en hy het die afgodsbeeld, die huisgode en die ander beeldjies gevat en saam met die mense gegaan. |