Judges 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Dan het uit hulle geslag vyf manne uit hulle grondgebied gestuur, dapper manne, uit Sora en Estaol, om die land te verken en dit te verken; en hulle sê vir hulle: Gaan deursoek die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Dan het vyf sterk mans uit hulle stam gekies. Hulle het die mans van Sora en Estaol af uitgestuur om vir hulle na grond te gaan soek. Hulle opdrag was: “Gaan verken die land.” Hulle het toe in die heuwels van Efraim by Miga se huis uitgekom. Daar het hulle die nag oorgebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uit Sorea en Est ol gestuur om die land te verken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Dan het vyf dapper man uit Sora en uit Estaol gestuur as verteenwoordigers van hulle hele stam om die land te verken en deur te kyk. Daar is vir hulle gesê: “Gaan kyk die land deur.” Hulle het by die huis van Miga in die Efraimsberge gekom en daar oornag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe stuur die nakomelinge van Dan uit al die manne wat hulle het, vyf manne uit hulle familiegroep, onverskrokke manne, vanaf Sora en Estaol, om die land te verken en deur te kyk. Hulle het vir die manne gesê: “Gaan kyk die land deur!” Hulle het toe in die heuwelland van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar oornag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Dan-mense het vyf mans uit verskillende families en plekke gekies en hulle het die mans gestuur om deur die land te gaan en te kyk waar hulle kan woon. Dit was belangrike mans. Die Dan-mense het vir hulle gesê hulle moet gaan kyk waar hulle kan woon. Die vyf mans het weggegaan uit die stede Sora en Estaol en hulle het in die Efraim-berge by Miga se huis gekom. Hulle wou daar slaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Dan het vyf dapper mans uit die dorpe Sora en Estaol as hulle verteenwoordigers gestuur om die land te gaan verken. Hulle het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom en daar oornag. |