Judges 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir hom: Bly stil, lê jou hand op jou mond en gaan saam met ons en wees vir ons 'n vader en 'n priester; is dit beter vir jou om 'n priester te wees vir die huis van een man, of dat is jy 'n priester vir 'n stam en 'n geslag in Israel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Bly stil,” het hulle vir hom gesê. “Hou jou mond! Kom saam met ons dat jy ons raadgewer en priester kan wees. Wat is vir jou beter: om een man se priester te wees of om ’n priester te wees vir al die mense van ’n stam in Israel?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons 'n vader en 'n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir 'n stam en 'n geslag in Israel? |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle sê vir hom: “Bly stil! Moenie praat nie! Kom saam met ons en wees ons leermeester en priester. Is dit vir jou beter om priester te wees vir een man se huis of vir al die mense van 'n stam in Israel?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir hom gesê: “Bly stil! Sit jou hand voor jou mond en gaan saam met ons. Wees vir ons 'n vader en 'n priester. Is dit vir jou beter om 'n priester te wees vir die huishouding van een man, of om priester te wees vir 'n stam en familiegroep in Israel?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir hom gesê: “Bly stil, jy moet niks sê nie. Kom saam met ons. Jy moet ons priester wees en vir ons leer. Dit is beter dat jy 'n priester is vir 'n hele stam van Israel, nie net vir een man nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê toe vir hom: “Bly liewer stil en kom saam met ons. Jy kan ons leermeester en priester wees. Dit is tog beter om die priester van ’n hele stam van Israel te wees as net vir een man.” |