Judges 18:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vyf manne wat gegaan het om die land te verken, het opgetrek en daarheen ingekom en die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem; en die priester het by die ingang van die poort gaan staan met die seshonderd man wat met oorlogswapens aangestel was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyf mans wat die land gaan verken het, het in die huis ingegaan en die godsbeeld en die afgodsbeeldjies en die skouerkleed gevat. Die priester het by die deur gestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die ses honderd man met wapens omgord. |
| Afrikaans 1983 | en die vyf wat die land gaan verken het, het by die huis ingegaan en die godsbeeld en die afgodsbeeldjies en die efodbeeld gevat. Die priester het by die deur gestaan by die ses honderd goed gewapende man, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vyf manne wat die land gaan verken het, het opgegaan, daar ingekom en die gesnede beeld, die efod, die huisgode en die gegote beeld gevat. Die priester het by die ingang van die poort by die seshonderd gewapende manne bly staan, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die vyf mans wat gaan kyk het waar hulle kan woon, het ingegaan en die skouer-kleed en die beeldjies en die beeld gevat. Die priester het ook voor die poort gaan staan waar die 600 manne was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | terwyl die vyf wat die land verken het, in die huis ingegaan en die afgodsbeeld, die huisgode en die ander beeldjies gevat het. |