Judges 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het daarheen gedraai en by die huis van die jongman, die Leviet, gekom, by die huis van Miga, en hom gegroet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het daar afgedraai na Miga se huis toe waar die Leviet gebly het. Hulle het hom vriendelik gegroet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het daar ingedraai en na die huis van die jongman, die Leviet, toe gegaan by Miga se huis en die jongman gegroet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe daarheen afgedraai en by die woonplek van die jong man, die Leviet in Miga se huishouding, aangekom en hom gegroet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe na die jongman, die Leviet, se huis gegaan, langs die huis van Miga, en hulle het die jongman gegroet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe afgedraai na Miga se huis toe waar die jong Leviet gebly het en vir hom gevra hoe dit met hom gaan. |