Judges 18:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die vyf manne wat gegaan het om die land Lais te verken, geantwoord en aan hulle broers gesê: Weet julle dat daar in hierdie huise 'n skouerkleed en huisgode en 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld is? let dan nou op wat julle moet doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyf mans wat Lajis gaan verken het, het vir hulle makkers gesê: “Weet julle dat hier ’n huistempel is met ’n skouerkleed, afgodsbeeldjies en ’n godsbeeld? Julle weet wat om te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise 'n skouerkleed en huisgode en 'n gesnede en 'n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen! |
| Afrikaans 1983 | Die vyf man wat die land by Lajis gaan verken het, het vir hulle stamgenote gesê: “Julle weet, in hierdie huis is daar 'n efodbeeld, afgodsbeeldjies en 'n godsbeeld. Julle weet nou wat julle behoort te doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vyf manne wat gegaan het om die gebied by Lajis te verken, het toe aan die woord gekom en vir hulle volksgenote gesê: “Weet julle dat daar in hierdie geboue 'n efod, huisgode, 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld is? Julle weet dan nou wat julle moet doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyf mans wat gaan kyk het hoe die land by Lajis lyk, het vir hulle maats gesê: “Weet julle, in hierdie huis is 'n skouer-kleed en beeldjies en 'n beeld. Julle weet nou self wat julle moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vyf mans wat vroeër die gebied van Lajis verken het, het vir die ander gesê: “Weet julle dat daar ’n afgodsbeeld en huisgode en nog ’n paar ander beeldjies in hierdie huis is? Ons dink dit is glashelder wat ons behoort te doen.” |