Judges 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het opgetrek en laer opgeslaan in Kirjat-Jeárim, in Juda; daarom het hulle daardie plek Mahanehdan genoem tot vandag toe; kyk, dit is agter Kirjat-Jeárim.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan wes van Kirjat-Jearim in Juda. Dit word vandag nog Magane-Dan genoem.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Je rim in Juda; daarom noem hulle die plek Dan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Je rim.
Afrikaans 1983 Hulle het kamp opgeslaan by Kirjat-Jearim in Juda. Daarom word die plek, wat net agter Kirjat-Jearim lê, nou nog Magane-Dan genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan by Kirjat-Jearim in Juda. Daarom noem hulle daardie plek Magane-Dan; dit is vandag nog so. Kyk, dit lê wes van Kirjat-Jearim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gegaan tot by die stad Kirjat-Jearim in die land Juda en hulle het daar hulle tente opgeslaan. Die mense noem daardie plek nou nog Dan-kamp. Dit is anderkant Kirjat-Jearim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het kamp opgeslaan by Kirjat-Jearim in Juda. Daarom staan die plek net oos van Kirjat-Jearim bekend as die kamp van Dan.