Judges 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarvandaan het van die geslag van die Daniete, uit Sora en uit Estaol, ses honderd man getrek wat met oorlogswapens aangestel was.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die Daniete het 600 geoefende soldate toe uit Sora en Estaol vertrek.
Afrikaans 1933/1953 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sorea en Est ol, ses honderd man, omgord met wapens.
Afrikaans 1983 Ses honderd goed gewapende man uit die stam Dan het toe uit Sora en uit Estaol opgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe daarvandaan weggetrek, uit Sora en Estaol, seshonderd manne uit die familiegroep van Dan, met hulle wapens aangegord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het toe 600 mans van die Dan-families uit Sora en Estaol gegaan. Almal het wapens gehad om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ses honderd swaar gewapende soldate uit die stam van Dan het toe van Sora en Estaol af weggetrek om die land te gaan inneem.