Judges 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle gaan, sal julle by 'n veilige volk en in 'n groot land kom, want God het dit in julle hand gegee; 'n plek waar daar niks ontbreek wat op die aarde is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal afkom op mense wat houtgerus daar bly. God gee vir julle ’n oop en vrugbare stuk grond. Dit is ’n plek waar daar nie ’n gebrek aan enigiets is nie.”
Afrikaans 1933/1953 As julle daar kom, sal julle by 'n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand, 'n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.
Afrikaans 1983 Wanneer julle trek, sal julle by 'n volk kom wat houtgerus is en by 'n land wat oop lê na weerskante toe. Die Here gee vir julle 'n plek waar daar nie gebrek is aan enigiets op aarde nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer julle die gebied binnegaan, sal julle aankom by 'n rustige volk en 'n gebied wat na alle kante wyd uitstrek. Ja, God gee dit in julle hand – 'n plek waar daar niks kortkom van enigiets wat in die land is nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal daar kom by mense wat dink ander mense sal hulle nie aanval nie. En die land is oop na al die kante toe. God wil vir julle 'n land gee waar daar genoeg is van alles.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal sien as julle daar aankom, hierdie mense is houtgerus. Dis ’n wonderlike gebied. Daar is alles wat ’n mens se hart kan begeer, en die Here gee dit vir julle.”