Judges 18:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dae was daar geen koning in Israel nie, en in dié dae het die stam van die Daniete vir hulle 'n erfdeel gesoek om in te woon; want tot op daardie dag het hulle nie al hulle erfdeel onder die stamme van Israel toegekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het nog nie ’n koning gehad nie. Die stam Dan was op soek na grond om op te woon. Hulle het in daardie stadium nog steeds nie hulle eie grond gehad nie.
Afrikaans 1933/1953 In die dae was daar geen koning in Israel nie; en in die dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot die dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.
Afrikaans 1983 In die tyd toe daar nog nie 'n koning in Israel was nie, het die stam Dan grond gesoek om op te woon, want tot op daardie tyd het hy nog nie 'n eie besitting onder die stamme van Israel gekry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd was daar geen koning in Israel nie. En in daardie tyd was die stam van Dan op soek na 'n erfdeel vir hulle om hulle te vestig. Want tot op daardie dag het nog geen plek tussen die stamme van Israel as erfdeel aan hulle toegeval nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd was daar nie 'n koning in die land Israel nie. Die Dan-stam het vir hulle 'n ander plek gesoek om te woon. Hulle het dit gedoen omdat hulle nie 'n plek gekry het wat hulle eie was tussen die ander stamme van Israel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die tyd toe daar nog nie ’n koning in Israel was nie, het die stam van Dan na grond gesoek waar hulle kon gaan bly. Tot in daardie stadium het hulle nog nie ’n eie gebied gehad waar hulle kon bly nie.