Judges 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Miga sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy sê vir hom: Ek is 'n Leviet van Betlehem-Juda, en ek gaan om as vreemdeling te vertoef waar ek 'n plek kan kry.
Afrikaans (NLV) 2011 “Van waar af is jy?” het Miga vir hom gevra. “Ek is ’n Leviet. Ek kom van Betlehem in Juda. Ek is op soek na blyplek,” het hy geantwoord.
Afrikaans 1933/1953 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.
Afrikaans 1983 Miga het vir hom gevra: “Waarvandaan kom jy?” en hy het geantwoord: “Ek is 'n Leviet uit Betlehem in Juda en ek is onderweg op soek na 'n woonplek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Miga het hom gevra: “Waar kom jy vandaan?” Hy het hom geantwoord: “Ek is 'n Leviet uit Betlehem in Juda, en ek is op reis om tydelike verblyf te kry, waar ek dit ook al kan vind.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miga het vir hom gevra: “Van waar kom jy?” Die jongman het gesê: “Ek is 'n Leviet van Betlehem in Juda en ek soek 'n plek om te woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Waar kom jy vandaan?” het Miga vir hom gevra. “Ek is ’n Leviet uit Betlehem in Juda,” het hy geantwoord, “en ek is op soek na ander blyplek.”