Judges 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man het uit die stad van Betlehem-Juda af vertrek om as vreemdeling te vertoef waar hy 'n plek kon kry; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is van daar af weg om elders blyplek te soek. Op pad het hy in die heuwelgebied van Efraim by die huis van Miga uitgekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga. |
| Afrikaans 1983 | Hy het van daar af weggegaan om 'n ander woonplek te gaan soek. Hy het op die Efraimsberge uitgekom by die huis van Miga om daar 'n heenkome te vind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie man het uit die dorp gegaan, uit Betlehem in Juda, om tydelike verblyf te kry, waar hy dit ook al kon vind. Terwyl hy op pad was, kom hy toe in die heuwelland van Efraim by Miga se huis aan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hy het daar weggegaan om 'n ander plek te soek waar hy ook 'n vreemdeling sou wees. Hy het toe in die Efraim-berge by die huis van Miga gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | op ’n ander dorp blyplek gaan soek. Hy het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom. |