Judges 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was 'n jongman uit Betlehem-Juda uit die geslag van Juda, wat 'n Leviet was, en hy het daar as vreemdeling vertoef.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n jong man in Betlehem in Juda. Hy het aan die Judastam behoort. Hy was ook ’n Leviet. Hy het tydelik in Betlehem gebly.
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.
Afrikaans 1983 Daar was 'n jongman uit Betlehem in Juda wat aan die Judastam behoort het. Hy was 'n Leviet en het as vreemdeling in Betlehem gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was 'n jong man uit Betlehem in Juda, van 'n familiegroep in Juda, maar hy was 'n Leviet en het daar tydelike verblyf gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar daar was 'n jongman van die stad Betlehem in die land Juda. Hy was van 'n familie wat in Juda gewoon het en hy was 'n Leviet. Hy het eers in Betlehem gewoon. Hy was daar 'n vreemdeling,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het ’n jong man, ’n Leviet wat in Betlehem in Juda gebly het, maar nie daar gebore is nie,