Judges 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In daardie dae was daar geen koning in Israel nie, maar elkeen het gedoen wat reg was in sy eie oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het nog nie in daardie tyd ’n koning gehad nie. Elkeen het gemaak soos hy wou.
Afrikaans 1933/1953 In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.
Afrikaans 1983 In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd was daar geen koning in Israel nie; elkeen het gedoen wat reg was in sy eie oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd was daar nie 'n koning in die land Israel nie, en elkeen het gedoen wat hy gedink het is reg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het Israel nog nie ’n koning gehad wat oor hulle regeer het nie. Almal het gedoen net wat hulle wou.